Advertising Company news South Africa

Subscribe

Elections 2024

The Weekly Update EP:07 - KNOW WHO YOU ARE VOTING FOR AND WHAT THEY STAND FOR.

The Weekly Update EP:07 - KNOW WHO YOU ARE VOTING FOR AND WHAT THEY STAND FOR.

sona.co.za

Advertise your job ad
    Search jobs

    Top-beoordelaars vir 2014 Pendoring-Reklametoekennings

    Met die sluitingsdatum vir inskrywings vir die 2014 Pendoring-Reklametoekennings oor minder as 'n maand, 21 Julie om presies te wees, is die samestelling van die beoordelaarspaneel gefinaliseer en sluit dit, soos altyd, 'n uitgelese span kundiges in.

    Beoordeling vind op 21, 22 en 23 Augustus 2014 plaas. Die finaliste word op 5 September 2014 bekendgemaak.

    Die beoordelaars verteenwoordig die room van die land se skeppendes asook die voorste en mees bekroonde agentskappe in Suid-Afrika en oorsee. FCB, Ogilvy en Joe Public het onlangs almal toekennings van Tony Koenderman se AdReview ontvang waar Joe Public met die louere weggestap het as Agentskapgroep van die Jaar.

    Só sê Gary Stroebel, Pendoring-direksielid en uitvoerende hoof van OFM, ? Pendoring-borg. "Met enige groot toekenningsgeleentheid is dit die keuringsproses en beoordelaars wat die toekennings die moeite werd maak. Vanjaar is die Pendoring-Reklametoekennings weer eens trots op die wêreldgehalte-reklameskeppers wat as beoordelaars gekies is. Met hierdie paneel kan ons seker wees dat enige erkenning aan skeppende werk welverdiend en van die hoogste gehalte sal wees."
    FCB Johannesburg is verlede jaar met die Prestigetoekenning vereer. Mark Barnwell, uitvoerende skeppende hoof van FCB Kaapstad is vanjaar 'n beoordelaar en het groot lof vir die Pendoring-Reklametoekennings, veral in soverre dit met verloop van tyd 'n toonvenster vir Suid-Afrika se mees ikoniese werk geword het. "Wat die inskrywings betref, sal ek uiteraard soek na idees wat bo die medium kan uitstyg, maar veral die hartsnare van die gehoor kan raak. Deesdae, meer as ooit, moet jy mense emosioneel ráák as jy wil hê hulle moet jou raaksien," verduidelik hy.

    Ook van FCB, maar van die Johannesburgse agentskap, is besturende direkteur Alistair Mokoena. Hy sê die Pendoring-Reklametoekennings is betekenisvol juis omdat dit noodsaaklik is om te besef ons lewe in 'n diverse gemeenskap. "En dit is in hierdie gemeenskap waar reklame in die taal van die ontvanger gekonseptualiseer en gelewer
    moet word om dit die treffendste en relevantste te maak. Om mense se harte te raak, moet jy hulle in hul moedertaal aanspreek. Wanneer reklame in inheemse tale korrek gedoen word, is dit 'n manifestasie van hierdie insig. Dit is waarom ek van die Pendoring-Reklametoekennings hou en ingestem het om 'n beoordelaar te wees."

    Mokoena gaan ook op die uitkyk wees na outentieke inskrywings. "Wees eg, betoon respek vir die ontvanger, neem sonder vooroordeel deel en laat jou werk 'n hartlike viering van die ontvanger se wêreld wees," is sy raad aan voornemende deelnemers.

    Die Umpetha-toekenning (vir die beste advertensie in die Eg Suid-Afrikaanse afdeling) is verlede jaar toegeken aan Black River FC en vanjaar is die agentskap se uitvoerende skeppende hoof, Ahmed Tilly,'n beoordelaar. Soos Barnwell en Mokoena is Tilly ingenome om 'n beoordelaar te wees. "Dit is veral die Eg Suid-Afrikaanse afdeling wat die Pendoring-toekennings in 'n gerekende toekenningsgeleentheid wat eg Suid-Afrikaanse werk bekroon en erken, laat ontwikkel het. Pendoring moedig ook agentskappe aan om idees te skep wat relevant is vir mense binne die landsgrense en die draak steek met unieke Suid-Afrikaanse nuanses en kulturele insigte."

    Benewens 'n eg Suid-Afrikaanse tekstuur, gaan Tilly ook soek na vars, waagmoedige en ikoniese werk. "Die werk wat my opgewonde maak, is dié soort waarna daar nog ver die toekoms in verwys gaan word."

    Die beoordelaars vir die 2014 Pendoring Reklametoekennings - Afrikaanse afdeling - is:

    Mike Barnwell, uitvoerende skeppende hoof, FCB Kaapstad
    Paul de Klerk, uitvoerende skeppende hoof, Etiket
    Leon Jacobs, uitvoerende skeppende hoof, Joe Public Kaapstad
    Pierre Odendaal, hoof skeppende beampte, McCann
    Nico Botha, senior kopieskrywer, TBWA\HUNT\Lascaris
    Mariana O' Kelly, uitvoerende skeppende hoof, Ogilvy Johannesburg
    Marius van Rensburg, uitvoerende skeppende hoof, Ninety9cents Communications
    Carl Willoughby, skeppende hoof, Ogilvy Johannesburg
    Glynn Venter, uitvoerende skeppende hoof, Haas Collective
    Darren Cronjé, skeppende vennoot, & Anonymous
    Francois Delport, senior kopieskrywer, FCB Johannesburg

    Die beoordelaars vir die Eg Suid-Afrikaanse afdeling is:

    Rob McClellan, uitvoerende skeppende hoof, King James II
    Mike Barnwell, uitvoerende skeppende hoof, FCB Kaapstad
    Marius van Rensburg, uitvoerende skeppende hoof, Ninety9cents Communications
    Alistair Mokoena, besturende direkteur, FCB Johannesburg
    Festus Masekwameng, uitvoerende skeppende hoof, Mojo MotherRussia
    Sibusiso Sitole, skeppende hoof, Ogilvy Johannesburg
    Ahmed Tilly, uitvoerende skeppende hoof, BlackRiver FC
    Melusi Tshabalala, uitvoerende skeppende hoof, Mojo MotherRussia
    Kamogelo Sesing, skeppende vennoot, Accomplice
    Glynn Venter, uitvoerende skeppende hoof, Haas Collective

    Sluit aan by die Pendoring Facebookgroep of volg @Pendoring_ op Twitter en gebruik die hutsteken #Pendoring. Vir meer inligting oor die toekennings of oor hoe om in te skryf, besoek www.pendoring.co.za.

    Borge:

    Platinum: Ads24, ATKV, kykNET, Media24
    Goud: Die Burger, Huisgenoot, Rapport, Toyota
    Brons: Caxton-gemeenskapskoerante, Jacaranda FM, MyEdit, OFM, Sanlam
    Vennote: Adlip, DEKAT, eVati, kulula.com, Leopard's Leap Wines, Marklives.com, Newsclip, Sonovision

    Pendoring
    Pendoring is the platform that embraces country and industry to promote, unify and celebrate the richness of South Africa's creative content in all its indigenous languages.
    Let's do Biz